Donderdag 14 Junie 2012

X-sAMENs..............

Ek het gister my laaste vak geskryf, Tegnologie! Ek was verskriklik op my senuwees omdat ek nie al die werk gehad het nie. My keel het begin pyn van die stress! Die hoofpyn wat ek gehad het, het alles nog erger laat voel.

Ek is so bly dat die eksamen verby is. Dit het gelukkig goed gegaan met die Tegnologie! Al wat ek nou oor het na die eksamen is 'n verkoue!
Ek is besig om te leer. Dit was bibberkoud!

My boetie, Franco het 'n nuwe fiets gekry! Nou gaan hy vrek vinnig kan ry! Hy wil mos SA Mountainbike ryer word. Met so 'n mooi fiets dink ek sal hy dit kan regkry. Hy was baie bekommerd dat hy nou 'n "spoiled brat" gaan wees, maar ek dink nie hy is een nie. Hy is net baie lucky! Ek hoop ek word volgende bederf. Ek wil so graag 'n perd he, maar ek weet dit is 'n groot verantwoordelikheid.

'n Arm dogtertjie in die Klein Karoo
Nog iets waaroor ek vreeslik opgewonde is, is 'n projek waarmee ek arm kindertjies gaan help. Ek het laasjaar dit die eerste keer gedoen, maar ons het te laat begin. Hierdie jaar gaan ons dit saam met Helderberg gemeente se kinders doen. Die projek se naam is die Klein Karoo Kinder Kersfees Inisiatief of sommer net K4I. Wat elkeen moet doen is om 'n skoenboks te versier en dan elke week ietsie te koop wat daarin gaan. Hier teen Oktober/November behoort jou boksie vol te wees en dan kan die boksie baie vreugde vir 'n arm kindjie bring. Bid asb. dat hierdie jaar se projek 'n reuse sukses sal wees! Ek sal so bly wees :-))))))

Geniet die res van julle week!

Liefde
Carli

Maandag 14 Mei 2012

Moederskind: 'n gedig vir Carli

Gister was die eerste keer wat Moedersdag weer op 13 Mei was sedert sy 11 jaar terug seergekry het. Dit was so 'n ietwat bittersoet ervaring! Ongelooflik of is dit nou gelooflik! dankbaar vir my pragtige dogter wat God terug gegee het maar aan die ander kant sou ek nooit graag my kind wou laat seerkry het nie!!! .....en ja daar gaan momente verby wat ek wens dat dit nooit gebeur het nie. Ek is ontsaglik lief vir Carli en al my kinders. Dit is voorwaar 'n voorreg om 'n mamma te wees en wat dit meer spesiaal maak is die feit dat God my vertrou om hierdie kinders van Hom groot te maak!.....en vir my 'n 2de kans gegee het met Carli. Ek weet in my diepste binneste dat God haar vir Hom wou geneem het op 13 Mei 2001! Tot vandag toe is ek God ewig dankbaar dat Hy haar nie geneem het nie.

Hier is 'n gedig wat ek vir Carli geskryf het. 

Moederskind
13 Mei 2001

GROOT asseblief
mamma se lief
God geeeeeee terug!
hart se pyn, verlig.

Moedersdag my lief
amper gesteel: doodskloudief
God sê WEER
'n nuwe lewe tot sy eer.

Dankie vir elke brief
wys jy het my lief
God in beheer
hou vas aan Hom, Hy weet meer

Groete
Marinda
 

My en mamma se dag!.... die 13de Mei!

Moedersdag, 13 Mei 2012! Ek noem dit sommer Mamma-dag! Ek het bietjie vergeet dat dit Mamma se dag is, maar gelukkig het Pappa later onthou. 
(Hy het ook bietjie vergeet.) 


Ek en my mamma het saam gaan fliek want ons twee het fliekkaartjies gewen by Eikestad Mall. Ek het vir hulle geskryf dat my mamma gehelp het om my lewe te red op 13 Mei 2001,Moedersdag. Dat sy my rolmodel is en dat sy die beste mamma in die hele wereld is. 

Ons by die fliek!
Ons het The Marigold Hotel gaan kyk en dit was baie interessant. Ek het baie geleer van mense en hoe belangrik dit is om gelukkig te wees maak nie saak waar jy is nie.


Dit was heerlik om saam met my Mamma Moedersdag te hou!

Geniet julle week!

Baie liefde
Carli

Dinsdag 08 Mei 2012

MY LIEWE SUSSIE

Toe ek klein was het ek elke dag gebid vir 'n nuwe sussie. Ek was verskriklik bly toe ek hoor dat my ma 'n baba verwag en dat dit 'n sussie gaan wees. 


Liezel, of soos ons haar noem Lielie, is op 8 Mei 2007 gebore. Sy was die cuteste babatjie met bruin ogies en donker haartjies.
Ek, Bella, Liezel en Franco op Lielie se 2de verjaarsdag!
Dit is heerlik om haar te bederf. Ek moet nog vir haar 'n verjaarsdag geskenk koop.... ek en my ma sal ietsie moois vir haar gaan soek by Mr. Price Home.
Ek en Lielie op haar 3de verjaarsdag!
Ek is baie lief vir my sussie selfs al sy somtyds cheeky met my.
Lielie, Ek en Franco met Lielie se nuwe puppy, Neelsie op haar 4de verjaarsdag!
Ons 2 op haar 5de verjaarsdag! 8 Mei 2012

Hoop julle het 'n lekker week. Onthou om vir julle spesiale mammas iets ouliks te maak of te koop, want Sondag 13 Mei is Moedersdag!

Baie liefde
Carli  

Dinsdag 01 Mei 2012

Fossiele, Eekorings en Duiwe

Vrydag het ek, my sussies en my ma na Kaapstad gegaan. Ons het die Museum besoek saam met Tannie Cobie, Hano, Dirk, Tannie Susan, Alicia en Mika. Dit was vreeslik interessant. Daar was Boesmantekeninge, Dinosourus fossiele, opgestopte diere, baie mooi minerale en foto's van insekte. Ons het 'n foto geneem binne die bek van een van die grootste haaie in die wereld!!!! Sjoe maar dit is verskriklik groot! 
Haai se bek!
Na die uitstappie by die museum het ons in Kaapstad Tuine agter die duiwe aangehardloop. Hano se wange was later bloedrooi van die hardloop! Hy was ook die eerste een wat 'n duif gevang het sodat hy dit kon bestudeer. My ma het vir ons elkeen 'n pakkie grondbone gekoop. Dit was binne sekondes toe was ons toegesak onder die duiwe! Lisabella het dit te erg gevind veral toe hulle bo-op haar kom sit het. Sy het beangs geskree! en rond getrippel. Die vier meisiekinders het toe besluit dat die bankie die veiligste plek vir hulle is. Van uit die hoogte het hulle die duiwe en eekorings geniet.



Vir my was dit die lekkerste toe die eekorings op my bene kom sit het....ghie-ghie....hulle is so sag soos wol! Hulle het uit my hand geeet. Die duiwe het orals op my gesit terwyl ek hulle gevoer het. Ek was so gelukkig. Ek sou graag 'n duif wou huis toe vat, maar ek weet dat ek nie kan nie.

Sjoe, dit was 'n heerlike dag.


Geniet julle week!


Baie liefde
Carli 


Maandag 23 April 2012

FRONSVELLE

Die manier hoe ek fronsvelle ontdek het is deur 'n onderwyser by my skool wat sulke velle het as hy kwaad word, stres of bekommerd is. Ek wonder soms hoekom hy sulke velle het. Dit is seker oor vergaderings of dalk 'n lang dag wat voorle en definitief stoute kinders.

Kyk hier: regte egte fronsvelle!!! (die foto is nie my Mnr. nie. My Mnr. is baie aantreklik)

Ek bederf hom deur vriendelik te wees, die klas se boeke te dra, vir hom sjokolade te gee of om sy nek te maseer.
My fronvelle begin ;-)

Ek begin ook nou al fronsvelle kry. Die rede daarvoor is omdat ek my bril haat! en nie hou van leer nie en wanneer my sussies in my kamer grou!

Dankie vir almal wat laasweek se blog gelees het en vir al die lekker kommentare.
Geniet julle week.........tot volgende week!

Baie liefde
Carli

Maandag 16 April 2012

16 April Carli se doop 'verjaarsdag'

Baie geluk met jou 12de doop 'verjaarsdag' my liefie. Ons is nog elke dag bly dat jy ons harte met jou wonderlike warmte en liefde vul. Ons is verskriklik lief vir jou en Jesus die heel meeste want Hy het jou vir ons terug gegee!

1 Johannes 4:13
 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons:
Hy het ons sy Gees gegee.