Woensdag 13 Mei 2015

Carli:13 Mei 2015:14 jaar later!

Carli:13 Mei 2015:14 jaar later! 

Perspektief toe en nou

Sy is nou 15 jaar oud. Op 13 Mei 2015 is dit 14 jaar vandat haar lewe verander het. God se nuwe plan! 
'n Maand voor haar ongeluk. 1 jaar oud.

Op 13 Mei 2001, Moedersdag, het haar Pa per ongeluk oor haar koppie gery met sy Toyota 4x4 bakkie. Sy het 'n ernstige breinbesering opgedoen en was bewusteloos onmiddelik na die ongeluk. TEN SPYTE VAN WAT MET HAAR GEBEUR HET IS SY 'n WONDERWERK!  In die 1STE plek het sy OORLEEF!!! en in die 2de Plek doen sy vandag dinge wat 'n paar jaar gelede as Onmoontlik beskou was vir haar. 

23 Mei 2001, 10 dae na haar ongeluk en ook die dag waarop haar boetie, Franco, gebore is.
                                 
Die enigste manier om te kon aangaan was om by ons Groot Vader se voete te gaan sit en huil en Hom te smeek om haar terug te gee! HY HET HAAR VOLMAAK TERUG GEGEE Ek, haar ma, was nog nie reg om haar te verloor nie! EK MOES HAAR EERS AMPER VERLOOR VOORDAT EK HAAR KON volkome TERUG KRY. 

Ek het haar in my gedagtes vasgevang soos sy was voor die ongeluk.......'n borrelende, klein dogtertjie wat orals rondgehardloop het en met groot bruin ogies gelag het. 

2015 Nasionale 0/16 kampioen in spiesgooi, diskus en gewigstoot in die T38 klas.

VANDAG HARDLOOP SY WEER (3 goue medaljes in haar klassifikasie by die Nasionale Atletiek kampioenskappe vir gestremdes.) 
SY GEE BORRELEND elke jaar terug DEUR KERSFEES GESKENKE AAN MINDER BEVOORREGTE KINDERS van STELLENBOSCH tot in LADISMITH uit te deel.
 
Carli het al sedert 2011 al 3000 kinders se Kersfees verander deur haar skoenboks projek. Klein Karoo Kersfees Boks Projek.

 Die grusame gesig van wat met haar gebeur het, het nogal 'n manier  gehad om jou gedagtes te wil oorrompel, maar ek het daarteen geveg en eerder geglo dat Hy sy beskermde hand van liefde om ons en veral Carli gehou het! VANDAG GEBRUIK GOD VIR CARLI OP MANIERE WAT NIE MOONTLIK SOU GEWEES HET AS SY NIE SEERGEKRY HET NIE.

ONS BEPLAN MAAR GOD BESKIK. LOS DIT IN SY HANDE EN ALLES WERK TEN GOEDE UIT VOLGENS SY WIL. 
Pragtige Carli 15 jaar oud. 14 jaar na haar ongeluk. Mooi van binne en buite.
Markus 12:10
 "Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy (sy) het die belangrikste klip in die gebou geword. 
Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oe. "
AMEN!

No comments:


Post a Comment