Vrydag 13 Mei 2016

Anders is spesiaal!

Carli het intussen 16 jaar oud geword. 



Sy was ook einde laasjaar aangewys as Lead SA se Youth Hero vir November 2015. Wat 'n besonderse voorreg.

As julle na haar gesprek op Cape Talk wil gaan luister kan julle die volgende link gebruik:
https://soundcloud.com/primediabroadcasting/lead-sa-youth-hero-for-november-2016?utm_source=soundcloud&utm_campaign=share&utm_medium=email

Ek moet ook net byse dat Engels nou nie ons twee se sterkpunt is nie ;-) Wel ten minste het ons probeer!

Hier is 'n paar foto's waarom sy hierdie toekenning gekry het.

Carli deel Kersfees skoenbokse uit by Amalienstein Primer buite Ladismith.

Hierdie dogtertjie het op 3 Desember 2012 op haar verjaarsdag die eerste keer 'n geskenk in haar lewe ontvang. Sy is 'n weeskind wat by haar grootouers woon. 2 Desember 2015 het ons haar weer raakgeloop. Kyk hoe groot het sy geword. Sy lyk na 'n gelukkige dogtertjie. Ons is so bly dat God so mooi na haar kyk :-)

3 Desember 2012 op haar 6de verjaarsdag.
2 Desember 2015 Die dag voor haar 9de verjaarsdag.
Nog 'n kindjie wat diep in ons harte ingekruip het is Anastacia. Sy het 'n genetiese kondisie wat veroorsaak dat haar regter been se limf nie werk nie. Gevolglik is daardie been baie groter as die linker been. Die kinders by haar skool noem haar die dogtertjie met die 'voetjie'. Sy was einde 2015 vir 5 weke in die hospitaal. Desember toe ons haar geskenk by die skool wou uitdeel het die Juffrou ons laat weet dat hulle haar opgeneem het in die hospitaal. Ek en Carli het gereeld deurgery na Rooikruis kinder hospitaal om haar en haar ma, Johanna bytestaan en te bemoedig. Partydae het dit maar moeilik gegaan. My hart het gebloei vir hulle. Anastacia is een van die sterkste en braafste dogtertjies wat ek ken. Bid asb. vir haar en haar mammie dat God haar sal genees.  Hier is 'n paar foto'jies van haar en Carli tydens ons hospitaal besoeke.






As jy meer van Carli se Omgee Kersfees Boks Projek wil weet dan kan jy gerus gaan loer op die facebook blad  https://www.facebook.com/omgeekersfeesbokse en like die bladsy om op hoogte gehou te word van die nuutste verwikkelinge. 

O ja, vandag is dit 13 Mei. 15 jaar nadat Carli se lewe verander het. Sy het so paar dae terug vir my 'n whattsapp gestuur met 'n foto uit haar huiswerkboek met die volgende slagspreuk in pen omkring: "Ek gee nie om om anders te wees nie. Anders is spesiaal! Ek dink wat die meeste saak maak, is hoe iemand in sy binneste is" 
-Jazz Jennings-