Sondag 15 April 2012

My gunsteling goeters

Meeste mense weet nie waarvan ek hou nie toe het ek gedink dit is 'n goeie idee as ek vir julle vertel van al my gunteling goeters in hierdie wereld. So hier kom dit nou:

  • Ek hou daarvan om met mense te gesels en nuwe mense te ontmoed.
Ek en liewe Tannie Marix van Potchefstroom

  • Ek hou baie van die natuur en is mal oor die see.
  • Blom: Dit is bietjie 'tricky' want ek hou van alle blomme
  • Kleur: ligte blou
  • Sport: Ek is mal oor swem, spiesgooi en perdry
  • Persoon: Natalie du Toit
Natalie du Toit

  • Provinsie: Wes-Kaap
  • Geur: Vanilla
  • Dier: Dolfyn
  • Kos: Sushi en Pizza
  • Drinkgoed: My ma se lekker rooibostee, mmmm sy maak dit net reg!
  • Nagereg: Jellie en vla

  • Fliek: Journey 2: The mysterious island
  • Gunteling plek: Die Klein Karoo (interessant) en Kaapstad (baie goed om te doen)
Ek, Franco en my sussies hardloop lekker op die stofpaaie van die Klein Karoo.
  • Ek hou BAIE daarvan om saam met my ma te bad, veral as daar lekker skuim in die bad is en klomp kersies brand. Ons maak dan grappies en lag lekker.
  • Boek: Geraamte in die klas ('n Skreeu snaakse storie :-)))

  • Ek voel baie trots op die koekies wat ek saam met my sussies gebak het.
  • Onderwyser: Mnr.Cornel( my Gr.5 Onderwyser van laarjaar) en Mnr.Hawkie (die beste hoof in Suid-Afrika!)
  • Onderwyseres: Juf. Marie van der Merwe ( Sy help my so mooi met al my werk.Ek is baie lief vir haar.)
Ek wil graag eendag my eie skooltjie he op 'n plaas waar ek die kindertjies kan leer. In die middae wil ek die kinders leer perdry. Ek wil graag eendag in die Karoo bly en nie in die stad nie.

Hoop almal geniet my blog. Lekker week.

Baie liefde
Carli

4 opmerkings:

  1. haha dis sooo oulik!! Well done julle!!

    Baie Liefde
    Michael Rademeyer! (ek comment as anonymous want ek het nie n google account nie)

    AntwoordVee uit
  2. Baie cool Carli! Ek kan nie wag om te lees wat jy volgende keer gaan skryf nie. Tannie Cobie

    AntwoordVee uit
  3. Hallo Carli!

    Jy het n baie oulike blog en ek het lekker aan jou gunsteling goeters gelees! Jy is voorwaar n wenner en n baie oulike meisiekind!

    Jou Mamma se Laerskoolvriendin Nicqui du plessis (ek het nie n google rekening nie!)

    AntwoordVee uit
  4. Hallo Carli

    Jy het my vandag laat dink aan al my gunsteling goeters want n mens kan dit so maklik vergeet.

    Jy skryf baie mooi en laat n mens dink. Dis lekker.

    Liefde
    T Stevie( het ook nie n google Rekening nie)

    AntwoordVee uit