Wys tans plasings met die etiket Rooibostee. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Rooibostee. Wys alle plasings

Sondag 15 April 2012

My gunsteling goeters

Meeste mense weet nie waarvan ek hou nie toe het ek gedink dit is 'n goeie idee as ek vir julle vertel van al my gunteling goeters in hierdie wereld. So hier kom dit nou:

  • Ek hou daarvan om met mense te gesels en nuwe mense te ontmoed.
Ek en liewe Tannie Marix van Potchefstroom

  • Ek hou baie van die natuur en is mal oor die see.
  • Blom: Dit is bietjie 'tricky' want ek hou van alle blomme
  • Kleur: ligte blou
  • Sport: Ek is mal oor swem, spiesgooi en perdry
  • Persoon: Natalie du Toit
Natalie du Toit

  • Provinsie: Wes-Kaap
  • Geur: Vanilla
  • Dier: Dolfyn
  • Kos: Sushi en Pizza
  • Drinkgoed: My ma se lekker rooibostee, mmmm sy maak dit net reg!
  • Nagereg: Jellie en vla

  • Fliek: Journey 2: The mysterious island
  • Gunteling plek: Die Klein Karoo (interessant) en Kaapstad (baie goed om te doen)
Ek, Franco en my sussies hardloop lekker op die stofpaaie van die Klein Karoo.
  • Ek hou BAIE daarvan om saam met my ma te bad, veral as daar lekker skuim in die bad is en klomp kersies brand. Ons maak dan grappies en lag lekker.
  • Boek: Geraamte in die klas ('n Skreeu snaakse storie :-)))

  • Ek voel baie trots op die koekies wat ek saam met my sussies gebak het.
  • Onderwyser: Mnr.Cornel( my Gr.5 Onderwyser van laarjaar) en Mnr.Hawkie (die beste hoof in Suid-Afrika!)
  • Onderwyseres: Juf. Marie van der Merwe ( Sy help my so mooi met al my werk.Ek is baie lief vir haar.)
Ek wil graag eendag my eie skooltjie he op 'n plaas waar ek die kindertjies kan leer. In die middae wil ek die kinders leer perdry. Ek wil graag eendag in die Karoo bly en nie in die stad nie.

Hoop almal geniet my blog. Lekker week.

Baie liefde
Carli