Carli saam met 'n vriend, Dawid! |
Sonder dat Carli dit weet het ek haar altyd vergelyk met 'n roos, maar nie 'n gewone roos nie, Nee, nee! 'n God's Roos! Amper van ons af weggeneem, maar vandag blom sy met 'n nuwe doel in die lewe! Sy is soos 'n wonderlike soet roos-geur wat aansteeklik is.
Sy maak 'n verskil orals waar sy gaan. Dit is gewoonlik op gewone en eenvoudige plekke, 'die nie-so-belangrike-plekke'! Byvoorbeeld die karwagte in die parkeerterrein of die kassiere by die winkel of die skoolhoof wat 'n opregte drukkie kry in skool se gange. Sy sal altyd met almal, oud en jonk, gesels en moeite doen om hulle spesiaal te laat voel. Sy sien die lewe in 'n nuwe pespektief. Vandag is sy die een wat almal, familie, vriende, onderwysers en vreemdelinge op hulle tone hou met haar vriendelike, eerlike en 'sweet' perspektief op die lewe!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking