Carli het intussen 16 jaar oud geword.
Sy was ook einde laasjaar aangewys as Lead SA se Youth Hero vir November 2015. Wat 'n besonderse voorreg.
As julle na haar gesprek op Cape Talk wil gaan luister kan julle die volgende link gebruik:
https://soundcloud.com/primediabroadcasting/lead-sa-youth-hero-for-november-2016?utm_source=soundcloud&utm_campaign=share&utm_medium=email
Ek moet ook net byse dat Engels nou nie ons twee se sterkpunt is nie ;-) Wel ten minste het ons probeer!
Hier is 'n paar foto's waarom sy hierdie toekenning gekry het.
Carli deel Kersfees skoenbokse uit by Amalienstein Primer buite Ladismith. |
Hierdie dogtertjie het op 3 Desember 2012 op haar verjaarsdag die eerste keer 'n geskenk in haar lewe ontvang. Sy is 'n weeskind wat by haar grootouers woon. 2 Desember 2015 het ons haar weer raakgeloop. Kyk hoe groot het sy geword. Sy lyk na 'n gelukkige dogtertjie. Ons is so bly dat God so mooi na haar kyk :-)
3 Desember 2012 op haar 6de verjaarsdag. |
2 Desember 2015 Die dag voor haar 9de verjaarsdag. |
As jy meer van Carli se Omgee Kersfees Boks Projek wil weet dan kan jy gerus gaan loer op die facebook blad https://www.facebook.com/omgeekersfeesbokse en like die bladsy om op hoogte gehou te word van die nuutste verwikkelinge.
O ja, vandag is dit 13 Mei. 15 jaar nadat Carli se lewe verander het. Sy het so paar dae terug vir my 'n whattsapp gestuur met 'n foto uit haar huiswerkboek met die volgende slagspreuk in pen omkring: "Ek gee nie om om anders te wees nie. Anders is spesiaal! Ek dink wat die meeste saak maak, is hoe iemand in sy binneste is"
-Jazz Jennings-
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking