My kunswerk wat ek by Korlie de Kock gemaak het. |
Min het ek geweet toe die skole gesluit het op 22 Junie dat ek so 'n lekker tyd gaan he. 26 Junie het ek saam met my Ouma gevlieg tot op Lanseria lughawe. My Ouma was baie bang dat sy gaan verdwaal op die lughawe, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie want die lughawe was nie baie groot nie. Ek het myself besig gehou met Sudoku en my Sweet Home boek. Ek was vreeslik opgewonde om Nelspruit toe te gaan, omdat dit die eerste keer is vandat ons Kaap toe getrek het.
Ek en Ouma in die 'Taxi' |
'n Sanger by Innibos. |
Ek en Oupa Danie. Dit was heerlik om foto's te neem. |
Donderdag het ons Kruger Wildtuin toe gegaan. Die eerste aand het ons in Olifantskamp geslaap. Dit was heerlik rustig. Ons het pragtige tonele gesien van veral olifante. Ons het ook die Olifant Museum besoek. Van die Tuskers se tande is langer as ekke!!!!! Ons het ook ‘n apie-hijack beleef ;-) Die apies het al ons kos gesteel......hulle het die knippe losgemaak en alles opgeeet!
Die tweede aand het ons in Letaba geslaap en die laaste aand in Pretoriuskop.
Oupa Martin, Ouma Marieta, ekke en Albert |
Die Maandag was dit weer terug Kaap toe. Ek het baie na my gesin verlang. Dit was heerlik om weg te wees, maar dit was die lekkerste toe my hele gesin my kom groet het by die lughawe. Die beste plek in die wereld is by die HUIS!
Die tweede week van die vakansie het ek en my sussie kunsklasse geby by die Sasol Kunsmuseum. Corlie de Kock het dit aangebied. Sy is baie nice! Dit was vreeslik lekker. Ek het veral die kleiwerk die meeste geniet.
Die laaste week het ek lekker laat geslaap en ook Ice age 3 gaan kyk.
Ek en Mamma. Dit is die laaste dag van die vakansie by Ocean Basket. |
Geniet julle week!
Baie liefde
Carli